EKSTRA WISKUNDE WAT WERK

Van Graad 1 tot 12 — klein klasse, persoonlike aandag en weeklikse werk wat kinders weer laat glo hulle kán wiskunde doen.

Bespreek 'n plek Meer oor ons →
The Brainbox² — 'n boks vol wiskunde wat oopbars
150+
Leerders gehelp
11 jaar
Klas gegee
Gr 1–12
Alle grade welkom
Die Brainbox² span
Van der Westhuizen's

LEER BUITE DIE BOKS

By Brainbox² glo ons elke kind kán wiskunde bemeester — hul kort net die regte ruimte, tyd en aanmoediging. In klein groepe werk ons stap-vir-stap deur die werk.

Klein groepePersoonlike aandag vir elke leerder — niemand raak agter nie.
Weeklikse werkPasgemaakte oefeninge elke week — met antwoorde wanneer jy gereed is.
Altyd beskikbaarVra vrae en kry antwoorde.

ONS KLASSE

Van die heel eerste somme tot matriek-eksamens — daar is 'n plek vir elke leerder.

Laerskool
GR 1 – GR 7

Stewige fondasie

Tafels, breuke, woordsomme — die basis wat alles anders draagbaar maak.

1× per week · ekstra oefening Meer
Hoërskool
GR 8 – GR 9

Algebra sonder stres

Veranderlikes, vergelykings en grafieke — ons bou dit stuk-vir-stuk op.

1× per week · ekstra oefening Meer
Senior
GR 10 – GR 12

Eksamen-fokus

Funksies, trig, kalkulus & vraestel-tegniek. Spesifieke voorbereiding vir elke toets.

1× per week · ekstra oefening Meer

Klasse: Maandag–Donderdag • 14:00–18:00 • een uur per week

Kontak ons vir pryse — dit hang af van graad en groepgrootte.

WAT OUERS SÊ

Wiskunde by Brainboxx beteken vir ons ekstra ondersteuning en selfvertroue. My dogter en seun geniet die klasse en verstaan die werk beter. Dankie vir julle geduld, moeite en die verskil wat julle in hulle leerervaring maak.

KD
Kelly-DeanOuer (Gr 9 & 11)

Gee hulle meer confidence om wiskunde aan te pak en nie bang te wees vir die vak nie. Vrymoedigheid om in 'n kleiner klasverband vrae te vra. Die hulp met die eksamen voorbereiding, wat help dat hulle meer gemoedsrus het en dat hulle die werk verstaan. Brainboxx gaan altyd die ekstra myl en gee mens die spasie om enige vrae te vra.

ER
Enette RonquestOuer (Gr 8)

Die ekstra Wiskundeklasse help my om Wiskunde beter te verstaan. Ek het baie meer selfvertroue in myself en in my Wiskunde-vermoëns gekry. Die ekstra oefeninge help my om die werk beter te bemeester, en Juf Heidi-Marie en Oom Simeon se ondersteuning en aanmoediging motiveer my om my beste te doen. Wiskunde het nou een van my gunsteling vakke geword.

K
KaylinLeerder (Gr 8)

As ouer kan ek met groot waardering sien hoe my dogter se selfvertroue sedert Graad 5 gegroei het. Wiskunde is nie meer 'n vak waarvoor sy terugdeins nie; dit is iets waarna sy uitsien en wat sy opreg geniet. Sy is tans in Graad 8, en die groei wat ons oor die afgelope paar jaar gesien het, is merkwaardig. Die positiewe ondersteuning, aanmoediging en toewyding wat Juf Heidi-Marie en Oom Simeon aan die kinders bied, is van onskatbare waarde. Hulle skep nie net 'n omgewing waar kinders akademies kan groei nie, maar help ook om selfvertroue, deursettingsvermoë en 'n liefde vir leer te ontwikkel. Ek is opreg dankbaar vir die verskil wat hulle in my kind se lewe maak.

O
Ouer van Kaylin(Gr 8)

Wiskunde by Brainboxx het vir Michayla meer selfvertroue gegee. Sodat sy nou met gemak Wiskunde kan doen sonder om te twyfel. Die manier waarop dit verduidelik word dra ook by tot die sukses hoe sy dit toepas. Uitstekende onderrig en sy sien altyd uit na die klasse. Ek sal enige iemand aanbeveel om by Brainboxx aan te sluit.

M
MonicaOuer (Gr 9)

EEN KLAS PER WEEK, OEFEN ELKE DAG

Wiskunde word vasgelê wanneer 'n kind dit gereeld doen. Daarom kombineer ons één fokus-klas per week met kort, daaglikse oefeninge — sodat die werk ingeoefen word en niemand agterraak nie.

JOU WEEK Klasdag
10–15 MIN PER DAG

'N BIETJIE ELKE DAG WERK

Navorsing én ons eie ervaring wys dieselfde ding: kort, gereelde oefening lê wiskunde vas.

Kort bietjies, vars werk

Tien minute per dag hou die konsepte lewendig, sodat elke klas op vorige werk kan bou.

Nooit agter nie

Deurlopende oefening beteken konsepte word vasgelê — daar is geen groot inhaal-stryd voor toetse nie.

Groeiende selfvertroue

Klein oorwinnings elke dag bou 'n kind se geloof dat hulle régtig wiskunde kán doen.

SO LYK DIT IN DIE PRAKTYK

01

Klas elke week

Een fokus-klas van 60 minute in 'n klein groep, met 'n duidelike tema vir die week.

02

Kry jou oefeninge

Werkkaarte vir die week verskyn in die webtuiste — gereed om af te laai of te druk.

03

Oefen elke dag

'n Bietjie per dag, in jou eie tyd — net genoeg om die werk vas te lê.

04

Kry terugvoer

Stuur 'n foto van die werk en kry hulp, regstellings en aanmoediging — sommer dieselfde week.

GEREED OM TE BEGIN?

Bespreek 'n plek

KOM GESELS

Wil jy 'n plek bespreek vir 'n leerder. Stuur 'n boodskap.

E-posJuffrouheidi@gmail.com Foon084 925 4375 WhatsAppStuur 'n boodskap